Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

News & Events

Author Focus

We are accepting entries for Nuwe Stemme 5 ...


 

 





 

Nuwe Stemme 5 logo


www.nuwestemme5.com


 
 
Besoek die Facebook-blad

Heilna du Plooy en Loftus Marais stel Nuwe Stemme 5 saam. Dit sal die nuutste versameling in hierdie opwindende poësiereeks wees. Alle aspirantdigters word genooi om werk voor te lê vir keuring.

Heilna du Plooy is professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit. Sy is 'n gerespekteerde literator en het ook twee digbundels gepubliseer, Die donker is nooit leeg nie (1997) en In die landskap ingelyf (2003).

Loftus Marais het in Nuwe Stemme 3 gedebuteer. Sy eerste bundel, Staan in die algemeen nader aan vensters (2008), is met niks minder nie as vyf letterkundepryse bekroon. Hy het al opgetree by internasionale poësiefeeste soos die Badilisha! Poetry Exchange en Poetry Africa.
 

Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word (PDF dokument).

Die reeks se geskiedenis

· Nuwe stemme 1 (1997) met George Weideman en Anastasia de Vries as samestellers
· Nuwe stemme 2 (2001) met Petra Müller en Nèlleke de Jager as samestellers
· Nuwe stemme 3 (2005) met Antjie Krog en Alfred Schaffer as samestellers.
· Nuwe stemme 4 (2010) met Danie Marais en Ronel Foster as samestellers

Die bundelreeks het met die verloop van slegs 'n paar jaar reeds 'n instelling geword, en een waarin verskeie gerekende digters gedebuteer het. Hulle sluit die volgende bekende name in: Martjie Bosman, Ilse van Staden, Gilbert Gibson, Bernard Odendaal, Jo Prins, Melt Myburgh, Danie Marais, Ronelda S. Kamfer, Loftus Marais, Jasper van Zyl en Fourie Botha.

Reëls

1. Die sperdatum vir voorleggings is 31 Maart 2012.
2. Stuur 'n manuskrip met sewe ongepubliseerde gedigte wat aan die volgende voorwaardes voldoen:
 
  · Slegs Afrikaanse gedigte sal oorweeg word
  · Die manuskrip moet in dubbelspasiëring getik word
  · Geen elektroniese weergawes sal in aanmerking kom nie
  · Manuskripte moet in drievoud voorgelê word, en elkeen van die drie
  stelle voorleggingskopieë moet 'n inskrywingsblad vooraan vasgekram
  hê - die inskrywingsblad kan hier afgelaai word.
  · Stuur jou manuskrip na:

   Nuwe Stemme 5
   Posbus 879
   Kaapstad
   8000
 
3. Geen manuskripte sal ná die inskrywingsproses aan digters terugbesorg kan word nie. Suksesvolle digters sal deur Tafelberg in kennis gestel word waarna die uitgebreide redigeringsproses in oorleg met die samestellers sal geskied. Ongelukkig sal daar nie verslae of kommentaar aan alle deelnemers gelewer kan word nie. Die finale oordeel berus by die samestellers en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.

Nuwe platform op Facebook

1. Hoewel bogenoemde gedrukte inskrywings noodsaaklik is, word alle
    aspirantdigters ook genooi om reeds vanaf 10 Desember 2011 deel
    te word van Nuwe stemme 5 se Facebook-groep en drie van hulle
    beste verse op hierdie blad te plaas. Kommentaar van
    belangstellendes in die groep kan digters help met die 
    vormgewingsproses voordat hulle finale inskrywings indien.

2. Hierdie internet-gespreksruimte, gefasiliteer deur Facebook, sluit
    op 1 April 2012.

3. Die beste digters - nie minder as 15 maar nie meer as 30 individue nie
    - sal uit die voorlegging van manuskripte aan Tafelberg-Uitgewers
   geselekteer word. Daar sal direk met hulle in verbinding getree word.
   Hulle sal dan genooi word om eksklusief lede van 'n finale Facebook-
   groep te word. Vanaf 1 Julie tot 31 Augustus 2012 sal die twee
   samestellers, binne hierdie geslote groep, kommentaar en raad plaas.
   Hierdie lede word aangemoedig om na aanleiding van kritiek en
   kommentaar van die samestellers 'n hersiene weergawe aan
   Tafelberg voor te lê, sodat die redigeringsproses reeds met
   hierdie terugvoer begin.

4. 'n Finale, kleiner groep van digters sal dan hierna geselekteer word,
    en hulle moet verkieslik beskikbaar wees vir 'n naweekwerkswinkel
    in September 2012. Insluiting in hierdie groep verseker egter nie
    opname in die bundel nie. Net die heel beste gedigte sal ná afloop
    van die werkswinkel geselekteer word vir publikasie.

5. Tafelberg beoog om die bundel in die eerste helfte van 2013 te publiseer.

Navrae kan gerig word aan:

Danita van Romburgh
Tel: (021) 406 3412
Faks: 086 531 1609
E-pos: dvanromb@tafelberg.com
NB-skakelbord: (021) 406 3033

Die inskrywingsblad kan hier afgelaai word (PDF dokument).


Inligting en inskrywingsblad ook beskikbaar by www.nuwestemme5.com

Sonja Loots

Sonja Loots studied Afrikaans and Nederlands at the universities of Stellenbosch (BA) and Rhodes (BA Hons, MA).  Sonja has held teaching posts at Rhodes...

Read more...

Latest Releases

Rykie: ’n Lewe met woorde | Biography

Lizette Rabe

Rykie van Reenen is a legendary Afrikaans journalist and columnist. She became one of the first South African female war correspondents in the seventies and in...

Read more...

Mankepank en ander verse | Children's Fiction

Antjie Krog , Diek Grobler

A new compilation of 34 poems, by world-renowned poet and author, Antjie Krog. Originally published in 1985, all 21 poems of the original edition of Mankepank...

Read more...