Aandag van jou oë, Die | Poetry & Poetry Anthologies
Petra Müller
Hertzog Prize for Poetry (2005)
André P. Brink sê:
"Die aandag jou oë is een van die grootste digbundels in Afrikaans: 'n volgehoue, deurleefde, oorwoë, byna onverduurbare elegie (musikaal gekonsipieer, soms vir orreltone, soms vir 'n orkes, soms vir 'n fluit of enkele viool) rondom die dood van 'n geliefde wat in sy afwesigheid juis in en deur die woord gehuldig, gevier en verduursaam word. Net één van die vele verbluffende deugde van die bundel is die gesprekke wat dit aanknoop met Van Wyk Louw, met Cussons, met Opperman, soms met Breyten ..."
In aansluiting hierby oordeel Daniel Hugo:
"Dit is 'n ryk bundel ten opsigte van verwoording, verbeelding en stemming. Heelwat gedigte het die magiese krag van suggestie en beswering. Dit is die boeiendste elegiese bundel in Afrikaans en een van die beste bundels liefdespoësie. Daarby is die bundel stewig gekonstrueer met die deurlopende en vervlegte teenstellings: see/woestyn, vuur/ys, lig/donker. Ek het groot bewondering vir die oënskynlike gemak waarmee hierdie verse geskryf is. Hulle is die aandag van baie lesers se oë werd."
Die gróót stemme het gesê. Verder moet hierdie bundel vir homself praat. Daarom sluit ek enkele gedigte in by die voorlegging.