Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Witboy in Afrika | Travel Writing

Deon Maas

City boy Deon Maas flees the suburbs in search of adventure and Africa is where he reckons he will find it. Over a period of 15 years he embarks on several journeys, once with his whole family in tow, to discover what it means to be African.

An interview with Deon.

He ends up ducking pirates in Madagascar, spending a night with oil thieves in Nigeria and narrowly escaping death at a roadblock in the Congo. Interwoven with his travel stories is his search for local music and the musical legends of the countries he visits. His stories are spiced with fascinating characters, strange sightings and… his cocky attitude! Anything but the typical tourist, Deon sets out to meet the locals and experience the underbelly of every new city. This means that he often ventures to places where he isn’t meant to be and he ends up in a tight spot more than once.

Impudent and blatantly honest, even ordering a hotel breakfast can become an adventure when Deon Maas is involved. His self-deprecating humour and off-beat take on most situations make for an unforgettable reading experience.

Also available in English, Witboy in Africa.

(read an interview with Deon Maas on Litnet: Eerder met ’n panga deur die oerwoud as op iemand anders se highway: Deon Maas in gesprek.)

Read an extract

Reviews

Die Burger
Willem Pretorius

26/07/2010

Hier is nou ’n Afrikaanse reis­verhaal wat rock!

Diegene wat dink reis is ’n toer saam met Klaas de Boer en die ­dominee wat met ’n sambreel ­omhoog staan sodat almal hom voor die museum kan sien, moenie op hierdie bus klim nie.

Diegene wat hou van Rolling Stone se gonzo-joernalistiek, om vreemde plekke sonder vrees aan te durf, om dinge te eet waarvan jy nog nooit gehoor het nie en saans in donker rookgevulde vertrekke na vreemde klanke te luister ­terwyl die vroue van die nag hulle dans doen? Dié een is vir jou.

Maas is ’n verfrissende wind vir diegene wat meer soek as die goeie nostalgiese reisverhale van Dana Snyman, nie in hulle fôbifô wil spring as hulle Johan Bakkes sien aankom nie en laas M.C. Botha se reise in Zambezi geniet het.

Hy is nie jou “happy camper” in Afrika nie. ­Inteendeel. Hy erken self dat hy soms ’n zol nodig gehad het en baie drank om die kinders se gekerm, die korrupte amptenare en die meedoënlose aanslae van reis in Afrika deur ’n ligte newel te kon hanteer.

Al die bleek Suid-Afrikaners wat die laaste jare die donker kontinent leer tem het en steeds op­windend vind, sal veral sy ­omswerwinge om realiteitsreekse vir TV in Nigerië te maak, skreeusnaaks vind met ’n stukkie afgryse gemeng.

Hy steek nie baie by die swaarkry vas nie en met humor wat ’n nuwe Minora-lem soos ’n stomp byl laat lyk, strompel hy van die een avontuur na die ander. Sy boeiende reise as sielkundige ­manipuleerder, regisseur en ­sommer as “fixer” is ’n riller.

Diegene wat al saam met hul ­gesinne Afrika gaan verken het, sal baie waardering hê vir sy moeite om dit vir almal aangenaam te probeer maak, maar ook saam juig as hy weer veilig sy eie voorstedelike huis se voordeur wil soen.

Dit is nie reis-kortverhale waar skrywers met ’n valskerm vinnig land, hovaardig indrukke vorm en dan weer ’n lyn sny soos baie ­Europeërs graag doen nie.

Hier het jy te doen met ’n wit Afrikaan wat saam op sy en Afrika se tuisveld speel, nie uit die hoogte daarna kyk nie en gereed is vir die avontuur en die gevaar wat om ­elke draai wag en party mense se velle laat tintel terwyl ander wegdeins. Só sleep hy jou aan die hare en sonder tierlantyntjies saam om met olie-diewe in Nigerië ’n pyp te gaan tap, word hy en sy gewese vrou wreed gesteur toe hulle ­onverwags in Madagaskar op ’n duin stadig besef hulle is besig om na seerowers te kyk, beroof word by Nkatha-baai in Malawi, in ­donker hole wonderlike musiek ontdek en vele meer.

Lanklaas het ’n reisverhaal my so geboei dat die lig gebrand het totdat die laaste blad gelees is.

Uiteindelik word die siel­kundige manipuleerder deur ­Afrika gemanipuleer en kom hy tot die besef dat daar in die geordende chaos van die donker kontinent ’n vryheid is wat Europa en Amerika nooit weer sal beleef nie.

Dit maak hom vry en is ­bevrydend vir die leser.

TAFELBERG-UITGEWERS, KAAPSTAD. (SAGTEBAND. 228 BLADSYE.)

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Witboy in Afrika | Travel Writing


Author: Deon Maas
Category: Travel Writing
ISBN: 9780624047780
Date Released: 12 April 2010
Price (incl. VAT): R 195.00
Format: Soft cover, 224pp

About this author

Deon Maas


As columnist, music producer, radio presenter and television host Deon Maas wears many hats. A former General Manager of Gallo, Deon has been involved in the...